
“Picky eating” is ‘n algemene probleem wat ons in Arbeidsterapie sien. “Picky eating” affekteer baie aspekte van ‘n kind, insluitend skoolprestasie, sosiale vaardighede, asook hul funksionering by die huis.
Wat neem ons oor die algemeen waar met “Picky eaters”?
- Onwilligheid om nuwe kos te probeer
- Onwilligheid om te eet
- Sterk voorkeure vir sekere kos
- Verkies om meeste van hulle kalorieë te drink
- Verlengde etenstye
- Emosionele gedrag of reaksies tot eet
- Fisiologiese reaksies tot eet, soos byvoorbeeld braking
As ‘n kind was ek onwiillig om te eet in die publiek, wat vir my baie probleme veroorsaak het. Skool kampe was veral moeilik vir my, omdat daar van ons verwag was om saam om ‘n tafel te sit en saam te eet. Om te gaan fliek by die fliek teater was vir my net so moeilik, aangesien ek nie die reuk van die springmielies, of die geluid van almal wat kou, kon verdra nie. Na baie geduld en tegnieke wat my ma geïmplimenteer het, kon ek hierdie probleme oorkom en gemaklik saam ander ‘n ete geniet.
“Picky eating” kan deur soveel faktore beïnvloed word, soos byvoorbeeld:
- Sensoriese reaktiwiteit/ modulasie – Sensoriese reaktiwiteit of modulasie verwys na hoe ons sensoriese stimuli om ons ervaar. Ons kan oor-sensitief (wat beteken ons is sensitief vir sensoriese insette), tipies, of onder-sensitief wees (menende dat ons nie reageer op sensoriese insette nie, en baie sensoriese insette nodig het om te funksioneer). Kinders wat oor-sensitief is vir tas, reuk of smaak sensasie is geneig om “picky eaters” te wees.
- Praksie/ motor-beplanning – Praksie is die vermoë om motor-planne te vorm, en om dan hierdie motor-planne uit te voer. Eet, kou en sluk vereis motor beplanning, en verskil van elke tekstuur wat ons eet. Baie dikwels vind kinders met hierdie probleem dit moeilik om verskillende tipes kos te verdra. Hulle sal, byvoorbeeld, slegs Woolworth’s nuggets eet en nie ‘n ander handelsmerk nie. Deur dieselfde handelsmerk te bly eet, laat dit hulle toe om voorafbestaande motor planne te implementeer.
- Traumatiese ervarings – Traumatiese ervarings met kos soos druk om te eet, emosionele reaksies en geobserveerde gedrag is geneig om “picky eating” te beïnvloed.
- Oraal-motoriese funksie – Dit verwys na die bewegings van die spiere in die mond, lippe, tong and kieste en beïnvloed suig, byt, lek en kou aksies.
- Mediese kondisies kan ook ‘n groot invloed hê op “picky eating”.
“Picky eating”, afhangende van die oorsaak, kan behandel word deur Arbeidsterapeute, Spraakterapeute of sielkundiges. As ‘n Arbeidsterapeut (wat opgelei is in Sensoriese Integrasie), behandel ons enige onderliggende sensoriese probleme, praksie probleme en modulasie/ reaktiwiteit. Intervensie word gedoen in ‘n spelerige en prettige manier, waar kinders behandel word afhangende van hulle onderliggende probleem, en waar nuwe kos geproe word sonder om druk of spanning te ontlok. Die kinders geniet dit om op hierdie manier te leer om nuwe kos te proe en verdra/ aanvaar.
